Jeugspele is af oor vervalde kontrak

Die 2023 Nasionale Jeugspele is gekanselleer. Die spele was vir die maand geskeduleer, maar die kontraktuele ooreenkoms met die hoofborg het verstryk en kon nie betyds hernu word nie. Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die Namibië Sportkommissie, sê die ooreenkoms met MTC is in 2020 onderteken maar het verval.