Plaasverkope in SA vorder goed

Die verkope van plase in Suid-Afrika herstel goed volgens Agri Development Solutions, nadat daar minder transaksies was weens die Covid-pandemie. Altesaam 3 864 plase is tussen Januarie en Oktober verlede jaar verkoop. Dit is ‘n aansienlike toename van die 3 133 oor dieselfde tydperk in 2021. Die voorsitter van die organisasie, Johann Bornman sê die styging in verkope van kleiner plase is tekenend van ‘n gesonde, onvoorspelbare mark. Bornman sê verkope is in sommige streke negatief beïnvloed weens die droogte wat die afgelope paar jaar daar geheers het.