Vroue van Colorado swaar gestraf na verkoop van liggaamsdele  

‘n Voormalige begrafnisondernemer van die Amerikaanse deelstaat Colorado is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis omdat sy 560 lyke opgesny en liggaamsdele verkoop het. Die 46-jarige Megan Hess, en haar 69-jarige ma, Shirley Koch, het in Julie verlede jaar skuld beken op aanklag van bedrog. Uit hofrekords blyk dit Koch het die lyke opgesny en sy is vir tot 15 agter tralies gevonnis. Die regter het beveel dat beide onmiddellik tronk toe gestuur word.