SA vise-president David Mabuza se dae getel

Die ANC- leierskap sal na wat berig word binnekort besluit oor David Mabuza se toekoms as vise-president van die land, nadat hy nie by verlede maand se verkiesingskonferensie herkies is nie. Paul Mashatile is nou Cyril Ramaphosa se adjunk, en hy sal na verwagting ook binnekort as vise-president van die land aangewys word. ’n Kabinet-skommeling is blykbaar ook op die kaarte, met Ramaphosa wat die ANC-vroueliga die belofte gemaak het vroue sal 50 persent van sy regering uitmaak. Die hoofsekretaris van die ANC, Fikile Mbalula, esê die leierskap sal binnekort ‘n besluit neem oor Mabuza se posisie.