Plaaslike vervaardiging van doodskiste vorder goed

Plaaslike kapasiteit vir die vervaardiging van doodskiste bestaan reeds. Dit is die bevinding van die ondersoek wat deur die ministerie van handel gedoen is. Tydens die derde vlaag Covid-infeksies is miljoene bestee op die invoer van kiste en die kabinet het beslis dat plaaslike vervaardiging bygestaan moet word. Elijah Mukubonda, die hoof inligtingsbeampte in die ministerie het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.