Boeing-bedrog wek kommer oor vertroue in Amerikaanse lugvaart

Die hoof tegniese loods van Boeing, Mark Forkner, is in Texas aangekla vir bedrog. Daar word beweer dat Forkner die stelsels van die Boeing 737 MAX van die lugvaart owerhede versteek het. Die sogenaamde MCAS-stelsel het veroorsaak dat wanneer die vliegtuig se neus te skerp gelig is, die vliegtuig af gedruk word, wat die twee noodlottige ongelukke veroorsaak het. Loodse is ook volgens die klagtes nooit van die risiko of the stelsel ingelig nie en is ook nie daarin opgelei nie. Dr. Guy Leitch, ‘n lugvaartkenner in Suid-Afrika het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.