Plaaslike toerisme kan ly onder stygende lewenskoste

Ekonome by Simonis Storm het gewaarsku dat die plaaslike toerisme-sektor in die nabye toekoms beperk kan word, aangesien plaaslike reisigers met duur kos-, brandstof- en verblyf-pryse sukkel. Tot dusver het die makelaarsfirma opgemerk dat die kategorie hotelle, kafees en restaurante die afgelope maande hoë enkelsyfer-inflasiekoerse van 9 persent op ‘n jaargrondslag aangeteken het. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, het haar reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.