Plaaslike owerhede en oudits: Probleem is politieke leierskap

Die Namibiese ouditeur-generaal Junias Kandjeke het gereageer op berigte uit Suid-Afrika dat net 41 van die buurland se 257 munisipaliteite skoon oudits ontvang het. Kandjeke sê dat plaaslike owerhede nie veel beter vaar in Namibië nie. Hy sê politieke partye moet beter leiers aanstel in die owerhede.