Mosiehof het 127 aansoeke vanoggend hanteer

Die mosiehof in die hoofstad het 127 aansoeke om verstekvonnisse vanoggend hanteer deur regters Hannelie Prinsloo en Boas Usiku. Daar was 13 reël 108 aansoeke as deel van die rol. Kommersiële banke het 78 van die aansoeke gebring en eis 12 voertuie wat onbetaald is, terug. ‘n Totaal van 31 eiendomme is ook opgeëis met ‘n totale uitstaande waarde van 49,1 miljoen Namibiese dollar terwyl 35 lenings, met totale skuld van net minder as 7,6 miljoen dollar wat betaalbaar is. In Maandag se sessie hanteer regter Nate Ndauendapo 44 onverdedigde egskeidings.