Plaaslike kenner sê oor voëlgriep in Kaapse pikkewyne

Ocean Conservation Namibia het gereageer op berigte vanuit Suid-Afrika dat voëlgriep by die pikkewynkolonie in Simonstad waargeneem is. Hulle meld in ‘n verklaring vier gevalle is waargeneem met nog sewe gevalle wat vermoed word. Hulle bevestig ook dis dieselfde variant wat vroeër vanjaar in seevoëls in die Wes-Kaap waargeneem is. Naude Dreyer, mariene-bioloog aan die kus, sê hoewel dit nog nie in pikkewyne plaaslik opgemerk is nie, moet lede van die publiek uiters paraat wees. Hy verduidelik.