Herhaalde aanvalle op Gautengse nooddienste onaanvaarbaar

Gauteng se LUR vir Gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het die voortslepende aanvalle op mediese nooddienspersoneel wat op noodoproepe reageer, veroordeel. In die jongste voorval is ‘n noodspan wat as die Green Angels bekend staan, deur gewapende misdadigers beroof terwyl hulle op polisiebegeleiding gewag het om die Angelo-plakkerskamp in Boksburg, oos van Johannesburg binne te gaan. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die aanvalle traumatiseer nie net nooddienspersoneel nie, maar maak dit moeilik om mense by te staan wat hulp nodig het: