Beweerde forex-bedrieër in die hof vandag

‘n Sestigjarige man wat verlede week op ‘n aanklag van bedrog in hegtenis geneem is, sal na verwagting hierdie week in die Klerksdorp Landdroshof in Noordwes om borgtog aansoek doen. Die Valke het Francois du Toit verlede Donderdag by ‘n gastehuis in Upington in die Noord-Kaap gearresteer. Die Valke se woordvoerder, Tlangelani Rikhotso, sê Du Toit het na bewering ‘n niksvermoedende slagoffer uit sowat 748 000 Suid-Afrikaanse rand bedrieg in ‘n Forex-skelmstreek: