Plaaslike hoenderprodusente het verskeie uitdagings

‘n Namibiese landbou-ekonoom het gereageer op die ongeveer 3 000 ton hoender wat elke maand in Namibië verbruik word, volgens die landbouminister Calle Schlettwein. Hy sê uit die 3 000 ton wat per maand verbruik word, verskaf die plaaslike bedryf sowat 1 800 ton. Die oorblywende 1 200 ton word ingevoer. ‘n Landbou-ekonoom van die Namibiese Landbou-unie, Bertha Ijambo sê plaaslike produsente ervaar uitdagings.