Maleisiese stroper uitgelewer na VSA

‘n Vermeende Maleisiese wildsmokkelaar is aan die Verenigde State uitgelewer op aanklagte dat hy deel was van ‘n komplot om meer as 70 kilogram renosterhoring te smokkel. Die Amerikaanse Departement van Justisie sê in ‘n verklaring die waarde van die renosterhoring is meer as 13,5 miljoen Namibiese dollar. Die verdagte, Teo Boon Ching, is in Thailand aangekeer. Hy het na wat berig word gespesialiseer in die smokkel van renosterhoring van smokkel-operasies in Afrika na kopers hoofsaaklik in Asië. Hy sal nou in New York in die hof verskyn.