Uiteindelik word hoogste boom in Amasone bereik

‘n Span navorsers het die hoogste boom in die Amasone-reënwoud bereik, ná drie jaar, vier mislukte pogings en ‘n tog van 250 kilometer in die bestek van twee weke. Die boom, met die wetenskaplike naam, Dinizia excelsa, is 88,5 meter hoog – so hoog soos ‘n 25-verdieping gebou, en is tussen 400  en 600 jaar oud. Die woudreus, wat hoog bokant die dak van die Iratapuru Rivier-natuurreservaat in die noorde van Brasilië uittroon, het ‘n omtrek van 9,9 meter. Navorsers het die boom die eerste keer opgemerk op satelliet-beeldmateriaal in 2019, tydens ‘n 3D-karteringsprojek.