Plaaslik sal die brandstofprys moet styg – ekonoom

Brandstofpryse bly in die nuus. In die buurland word daar ‘n daling in dieselpryse maar, ‘n verhoging in petrolpryse vir Mei verwag. Plaaslik is daar meer regeringsondersteuning maar, met ‘n 6 persent styging in die olieprys in die afgelope weke en ‘n versterking in die Amerikaanse dollar, sal die plaaslike brandstofprys moet styg oor die komende maande. Theo Klein, ekonoom by Simonis Storm verduidelik.