Drie vas vir vervalste renosterhorings

Die Namibiese omgewingsministerie sê daar was drie nuwe gevalle van wildmisdaad in die afgelope week, tot en met 23 April aangemeld. Op Opuwo is drie Namibiese mans in hegtenis geneem vir die besit van vier vervalste renosterhorings. Hulle word aangekla vir sameswering om ‘n ander persoon oorreed om ‘n misdaad te pleeg. Op Rundu is ‘n Namibiese man vas nadat hy met ‘n ietermagô vel betrap is en op Karibib is drie Namibiërs vas na hulle betrap is met die volle karkas van ‘n bergsebra. Gedurende die week was daar 24 hofverskynings regoor die land in verband met wildmisdaad, wat ‘n toenemende probleem in die land raak. Van die sake is vyf verbind met renosters en drie met olifante.