DA looi ANC oor Rome-statuut, sê party wil Putin beskerm

Die DA sê hy gaan enige pogings van die ANC teenstaan, om die parlement te gebruik om ‘n vermeende oorlogsmisdadiger ten koste van nasionale belange te beskerm. Dit volg nadat die ANC bevestig het hy gaan aan die Internasionale Strafhof onttrek. President Cyril Ramaphosa sê hy ondersteun die besluit, maar hoop om ‘n gesprek te voer oor die onregverdige behandeling wat die land van die strafhof ontvang het. Emma Louise Powell, die DA se skaduminister van buitelandse sake, sê hierdie besluit is geneem om die Russiese president en vermeende oorlogsmisdadiger, Vladimir Putin, te beskerm.