Plaagdoder is giftig, hou diere weg

Die Ministerie van Landbou het boere in die noorde gewaarsku oor die gebruik van plaagdoder. Sprinkane het die Oshana-streek binnegekom en is ook reeds sover as die oostelike gebied van die Kunene-streek opgemerk. Terwyl daar besproei word, word lede van die gemeenskap gewaarsku om nie die insekdoder in te asem nie. Die gif is ook skadelik vir diere. Diere moet vir ten minste 21 dae verwyder word uit gebiede waar daar besproei is. Sprinkane het sedert hulle verskyning verlede jaar reeds meer as 705 000 hektaar weiding en net meer as 880 hektaar se landerye verwoes in die twee Kavango-streke, Ohangwena, Zambezi en Karas. Meer as 30 miljoen doller is tot dusver bestee om die sprinkaanplaag te beheer.