Khorixas kan nie meer water op rekening koop nie

Die Khorixas Dorpsraad het besluit om voortaan net voorafbetaalde water by NamWater aan te koop. Die watervoorsiener het die dorpsraad in Maart vanjaar kennis gegee dat die huidige ooreenkoms, die aankoop van water op rekening, beëindig is as gevolg van skuld van amper 39 miljoen Namibiese doller wat die dorpsraad nie kan betaal nie. Khorixas se Hoof Uitvoerende Beampte Andreas |Howoseb sê die dorp ontvang 1 miljoen doller maandeliks in betaling en daar word ten minste 1,3 miljoen doller se water gebruik. Dus, bly hulle in die rooi. Hy sê voorafbetaalde watermeters sal by kliënte geïnstalleer word sodat water vooraf betaal kan word.