NASA borg Krugerwildtuin navorsing

‘n Amerikaanse navorser in geografie, David Bunn, en sy span het ‘n toekenning ter waarde van 10 miljoen Namibiese doller van die Amerikaanse ruimte-agentskap, NASA, ontvang vir werk in die Krugerwildtuin. Hulle sal ‘n ekologiese voorspelling-stelsel vir die wildtuin ontwikkel. Die projek sal wetenskaplikes in staat stel om bewaring in en om die park te bestudeer en te ondersteun. Drie universiteite in Amerika sal met SANParke saamwerk om bewarings-oplossings uit die groep se navorsing te vind.