Piramiede-skemas bly kommerwekkend – BoN

Die Bank van Namibië het opgemerk dat mense seisoenaal aan piramiede-skemas deelneem, veral na die feesseisoen. Die bank se goewerneur, Johannes !Gawaxab, het al telkemale die publiek gewaarsku om nie hul hardverdiende geld op onwettige skemas te mors nie. Kazembire Zemburuka, direkteur van korporatiewe kommunikasie van die bank, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.