Bestaande partye moet nuwe partye se deelname fasiliteer – Holomisa

Die UDM-leier, Bantu Holomisa, sê politieke partye moet maniere vind om nuwe partye se deelname aan die land se demokrasie te ondersteun en te fasiliteer. Dit volg nadat die Verkiesingshof in die Verkiesingskommissie se guns beslis het dat vyf partye nie volgende maand op die stembrief sal verskyn nie. Holomisa sê die beslissing is beslis ʼn groot terugslag vir hierdie partye en hulle ondersteuners: