Pick n Pay spring in om KZN by te staan na onluste

‘n Kleinhandelaar sê hulle is verheug om te sien hoe soveel individue en gemeenskappe dit wat reg en goed is handhaaf, en help om die geweld te beëindig. Pick n Pay se hoof van strategie en herstrukturering, David North, sê hulle weet mense vind dit tans moeilik om noodsaaklike voedsel en kruideniersware te bekom. Hulle het hul hulpverlening in KwaZulu-Natal en Gauteng aangepas om produktief te wees in ‘n steeds brose situasie. North sê soos die situasie verbeter, heropen hulle ook die winkels: