PDM skenk suurstof aan Otjinene

Die PDM-party het suurstofvoorraad ter waarde van 12 000 Namibiese dollar aan die Otjinene kiesafdeling geskenk. Die oorhandiging is deur die PDM se skaduminister vir gesondheid Elma Dienda aan die adjunk-gesondheidsminister Ester Muinjangue gedoen. Die party se president McHenry Venaani sê almal moet saamstaan om die pandemie te bekamp. Hy het ook die nuus van beskikbare entstof verwelkom en lede van die publiek aangemoedig om so vinnig moontlik hulle te laat spuit.