Ombudsman – doen oor, aansoeke was te min

Die Instituut Openbare Beleidsnavorsing het meer inligting bekend gemaak oor sy standpunt dat die pos vir die ombudsman weer geadverteer moet word. Dit volg na die nuus dat net ‘n handvol aansoeke ontvang is en dat drie kandidate die kortlys behaal het. ‘n Navorser by die instituut, Frederico Links, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.