Picasso-skildery teen N$1,4 miljard opgeveil

‘n Skildery van die wêreldberoemde kunstenaar Pablo Picasso is op ‘n veiling vir meer as 1,4 miljard Namibiese doller verkoop. Dit is die vyfde kunswerk van die Spaanse meester om hierdie syfer te bereik. Die New Yorkse afslaer Christie’s het ongeveer die helfte daarvan verwag vir Woman Sitting Near a Window – Marie-Therese. Die wenbod is binne 19 minute aan een van twee telefoniese bieërs toegeken. Marie-Therese was Picasso se jong minnares en inspirasie toe hy die kunswerk in 1932 geskilder het.