N$66 miljoen vir koninklike huishouding van Zoeloes

KwaZulu-Natal se Premier Sihle Zikalala het 66 miljoen Namibiese doller aan die Zoeloes se koninklike huishouding toegewys vir die 2021/2022-boekjaar. Hy het tydens sy voorlegging van die provinsiale begroting ook gesê die jeugdirektoraat wat jong entrepreneurs in die provinsie moet ondersteun, ontvang 50 miljoen Namibiese doller. Zikalala sê die bedrag wat aan die Zoeloes-koninklikes toegewys is, sal ook gebruik word vir die amptelike inhuldiging van die nuwe Koning MisuZulu kaZwelithini.