Juweliersware van hip-hop-beroemdes in New York uitgestal

Die Natuurgeskiedenis-museum in New York gaan tot Januarie volgende jaar meer as 80 ikoniese stukke juweliersware uitstal wat vyf dekades van hip-hop verteenwoordig. Die uitstalling, getiteld Ice Cold: An Exhibition of Hip-Hop Jewellery, bevat stukke soos Nicki Minaj se Barbie-diamanthangertjie, Jay-Z se Roc-A-Fella-diamantmedalje en A$AP Rocky se halssnoer. Die museum se president, Sean Decatur, sê die juweliersware maak ‘n belangrike deel uit van hip-hop-geskiedenis en -kultuur.