Phala Phala: Prosesse om Cyril aanspreeklik te hou, frustreer

Die African Transformation-beweging sê die vertraging in parlementêre prosesse om President Cyril Ramaphosa aanspreeklik te hou, is frustrerend. Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het bevestig die onafhanklike paneel wat aangestel is om die Phala Phala-sage waarby Ramaphosa betrek word te ondersoek, het 30 dae tyd om sy werk af te handel. Politieke partye in die parlement het tot volgende Donderdag tyd om kandidate vir die paneel te benoem. Die beweging se leier, Vuyo Zungula, het aan Newzroom Afrika gesê die bewerings teen Ramaphosa is baie ernstig: