Aappokke neem af – WGO

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die aantal gevalle van aappokke het die afgelope week wêreldwyd met 20 persent afgeneem en die maandlange styging omgekeer. Sedert April is meer as 45 000 gevalle in 98 lande aangemeld. Sowat 60 persent het die afgelope maand in die Amerikas voorgekom en minder as 40 persent in Europa. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê daar is aanduidings dat die uitbraak in Europa afneem waar ‘n kombinasie van doeltreffende gesondheidsmaatreëls, gedragverandering en inenting help om verspreiding te voorkom.