NLU-lede herverkies tot kommissie vir grondhervorming

Die Namibiese Landbou-unie sê dat ‘n nuwe advieskommissie vir grondhervorming aangestel is en dat Aune Shipanga sowel as Martin Hilbert van die unie heraangestel is om op die kommissie te dien. Die voorsitter is Ndiyakupi Nghituwamata. Die kommissie moet volgens die lynminister, Calle Schlettwein aanbevelings aan hom maak, sowel as advies gee met betrekking tot enige kwessie met betrekking tot die wetgewing. Die kommissie is, volgens Schlettwein, uiters belangrik en dien as ‘n skakel tussen die regering en die gemeenskappe wat geraak word deur grondhervorming.