Amerikaanse voëlgriep uitbreking bereik rekordvlakke

‘n Byna rekordgetal Amerikaanse hoenders en kalkoene het in vanjaar se uitbreking van voëlgriep gevrek omdat dit ‘n nuwe variant van die virus het met meer wilde voëls wat besmet is en die siekte oordra. Meer as 47 miljoen voëls is tot dusver vrek en die sektor, wat nie kan uitvoer nie en ook nie plaaslik kan verkoop nie gaan gebuk onder die uitdagings. Dit beïnvloed verbruikers ook met duurder hoendervleis op die rakke. In 2015 is 50,5 miljoen voëls in die dodelikste Amerikaanse uitbreking tot dusver vrek. Boere stoei teen subtipe van die H5N1-stam van die virus.