Phala Phala nie op agenda vir ANC-presidentsrede

Die ANC se hoofsekretaris, Fikile Mbalula, sê die Phala Phala-kwessie is nie op die sakelys van die 8 Januarie-presidentsrede in Bloemfontein nie. Hy sê die saak is gelaat vir die nuwe nasionale uitvoerende komitee om te hanteer en sal nie geopper word nie. Mbalula sê dit sal ook nie ter sprake kom op die hibried-afsluiting van die verkiesingskonferensie wat vir môre beplan word nie.