Pfizer werk 100% op tieners

Die Pfizer- en BioNTech-entstowwe teen Covid-19 is 100 persent doeltreffend bevind in kinders tussen 12 en 15 binne, vier maande nadat hulle die tweede dosis ontvang het. Nuwe data toon geen ernstige gesondheidsbekommernisse by mense wat binne minstens ses maande na die tweede dosis ondersoek is nie. Die entstowwe se veiligheid en doeltreffendheid by tieners is by 2 228 deelnemers bepaal. Pfizer se uitvoerende hoof, Albert Bourla, wys ook daarop die koers van Covid-19 is aan die toeneem by hierdie ouderdomsgroep terwyl inentings afneem.