Bahnhof in Rehoboth kry aandag

Die Rehoboth-dorpsraad en die Duitse samewerkingsorganisasie, die GIZ, het planne om ontwikkeling na die Bahnhof-gemeenskap van Rehoboth te bring. Dit kom na die dorpsraad, GIZ en die gemeenskap vergader het om ‘n veeldoelige sanitasiesentrum volgende jaar by Bahnhof te vestig. Die woordvoerder van die Rehoboth-dorpsraad, Desiree Pieters, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.