Nujoma se lastersaak uitgestel – hy het ‘n siekbrief

Die Namibiese arbiedsminister Utoni Nujoma se dagvaardiging teen Paragon Investment Holding van Desmond Amunyela en Lazarus Jacobs, sal vandag voor regter Shafimana Ueitele vir bemiddeling uitgestel word. Dit sal volgens verwagtinge eers volgende jaar plaasvind omdat Nujoma op siekverlof tot 22 Desember is. Nujoma soek 150 000 Namibiese dollar in skadevergoeding van die redakteur van die Windhoek Observer Kuvee Kangueehi. Volgens sy stukke het Kangueehi hom belaster deur hom as korrup uit te beeld in ‘n koerantberig. Die saak word verdedig maar, stukke is nog nie deur Paragon of Kangueehi ingedien nie.