Ministerie van binnelandse: Buitelanders wat werk in Namibië moet werksvisums hê

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake waarsku buitelanders, veral kunstenaars, wat in die land kom werk, om ‘n werksvisum te bekom as hulle in Namibië kom werk. Nóg ‘n Suid-Afrikaanse sanger en sy orkeslid, Juan Boucher en Rudi Kleingeld, is op ‘n klag van die oortreding van die immigrasiewet skuldig bevind. Landdros John Sindano het hulle in die Walvisbaai-landdroshof tot 3 000 Namibiese dollar elk gevonnis. Die twee en Boucher se vrou, Shamodene, is Saterdag tydens ‘n optrede op Walvisbaai in hegtenis geneem. Boucher en Kleingeld het wel werksvisums gehad vir hul optrede by die Outjo Wildsfees, maar nie vir hul optrede by die Pirates Wreck Sportkroeg op die kusdorp nie. Boucher sê dit was bloot ‘n administratiewe fout. Sakeus Kadhikwa, inligtingsbeampte in die ministerie …