Elton John getuig om Pepfar-befondsing voort te sit

Die Amerikaanse Pepfar-program teen MIV en vigs het groot suksesse in Namibië behaal. Meer as 1,1 miljard Amerikaanse dollar is sedert 2003 in die land op die bekamping van die siekte bestee met verskeie ingrypings wat gemaak is. Maar, befondsing vir die program is in gedrang in die VSA. Die Britse sanger, Sir Elton John het voor die Amerikaanse Senaat-komitee verskyn in ‘n poging om befondsing vir die program te behou. Hy sê stigma is die grootste probleem maar, dat geleenthede vir die jeug, om gesondheidsorg na hulle te neem, uiters belangrik is.