Perlemoen, Mandrax in Kaap gekonfiskeer
Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, is vol lof vir die honde- en Landelike Veiligheidseenhede vir suksesvolle operasies teen misdaad die feestyd. Die samewerking met munisipaliteite en polisiemagte, het gelei tot 84 arrestasies in Mosselbaai, Overstrand en Swartland. Een-duisend-96 eenhede perlemoen en 5 820 eenhede mandrax-tablette is gekonfiskeer. Allen versoek inwoners om hierdie eenhede te ondersteun en by te staan, aangesien hulle werk om te verseker alle inwoners op ʼn veiliger en waardiger manier leef: