Bibi verwerp Palestynse staat

Die eerste minster van Israel, Benjamin Netanyahu, is steeds gekant teen die skepping van ‘n Palestynse staat as deel van ‘n na-oorlogse scenario en sê dit sal sy land se veiligheid in gedrang bring. Die VSA en Australië hou vol dat ‘n tweestaatoplossing die enigste haalbare plan vir blywende vrede in die gebied is. Netanyahu sê Israel móét beheer hê oor die veiligheid van die hele streek wes van die Jordaanrivier, wat die grondgebied van enige moontlike Palestynse staat insluit. Die Withuis het in reaksie gesê die Amerikaanse regering sal nie ophou om hom vir ‘n tweestaatoplossing te beywer nie.