Meisie, 11, verkrag op pad skool toe

Plaaslike berigte lui dat ‘n 11-jarige meisie op Ondangwa verkrag is op pad skool toe. Die dogtertjie het volgens inspekteur Thomas Aiyambo van die Oshana-polisie haar gereelde roete deur ‘n stortingsterrein geneem to die insident voorgekom het. Ouers word gemaan om kinders te vergesel skool toe, en ook oor die algemeen omdat hulle uiters kwesbaar is as hulle alleen stap. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie het ook skole gemaan om seker te maak dat kinders aan die einde van die skooldag oorhandig word aan ‘n ouer of voog.