Perde moet teen Afrika-perdesiekte ingeënt word

Die Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake, landelike pntwikkeling en grondhervorming moedig boere en perde-eienaars aan om hul perde in te ent teen Afrika-perdesiekte. Die siekte word deur muskiete oorgedra en raak die perde, maar nie mense nie. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê die siekte kom seisoenaal voor, en word geassosieer met swaar reënval na ‘n lang tydperk van droogte.