Eskom-hoof sê swaar reën is ‘n struikelblok

Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, sê die swaar reën is ‘n groot struikelblok in die instandhouding van kragstasies. De Ruyter sê damvlakke is ‘n verdere uitdaging weens oortollige rommel. Hy sê ‘n afname in vloedtoestande sal die instandhouding van die stasies versnel. Die huidige beskikbare vermoë is 26 625 megawatt.