Afvalbestuur-deskundiges sê vulliskrisis dreig in SA 

Afvalbestuur-kundiges waarsku Suid-Afrika sal binnekort nie meer plek hê vir stortingsterreine nie. Die president van die Instituut vir Afvalbestuur in Suider-Afrika, Leon Grobbelaar, sê stortingsterreine is landwyd besig om teen ‘n kommerwekkende pas vol te raak, veral in Gauteng. Hy sê Johannesburg het ‘n maksimum van drie jaar oor voordat sy stortingsterreine hul volle kapasiteit bereik. Volgens Grobbelaar is munisipaliteite nie toegerus met die masjinerie om die probleem te hanteer nie.