Perd slaag nie dwelmtoets

Perdewedrenne: Die perd wat verlede maand se Kentucky Derby gewen het, Medina Spirit, het groot ontsteltenis in Amerika veroorsaak toe hy nie sy dwelmtoets na die wedren kon slaag nie. Beamptes wag op toetse van monsters wat voor die wedren geneem is om te bepaal of hy gediskwalifiseer moet word. Die wenperd se afrigter, Bob Baffert, is vir twee jaar geskors uit Churchill Downs, waar die Kentucky Derby gehou word. Amerikaanse media berig dat Baffert van sabotasie tot hooi wat in uriene geweek is, aanvoer as verskonings vir die perd se probleme.