Franse, Suid-Afrika bevorder kultuur

Die Franse regering en Suid-Afrikaanse vennote het ‘n toepassing bekendgestel vir die ontwikkeling en ondersteuning van die kreatiewe en kulturele sektor in Suid-Afrika en ander Afrikalande. Die besturende direkteur van Trace Academia, Prejlin Naidoo, sê daar word ‘n gratis aanlyn opleidingsplatform ontwikkel vir jong Suid-Afrikaners wat hul vaardighede wil verbeter. Die platform sal verskeie plaaslike kursusse aanbied. ‘n Groep van 17 tot 25-jariges in Suid-Afrika, Kenia en Nigerië, het die toepassing getoets en gesê dit inspireer hulle om hul opleiding verder te voer.