Peperduur tamaties… hier is hoekom

Tamaties is op die oomblik baie duur en sommige winkels verkoop ‘n kilogram sak vir amper 70 Namibiese dollar. Volgens die Namibiese Akkerbouraad se tuinbou-mark ontwikkelingsbestuurder, Emilie Abraham, is die rede hiervoor die seisoen wat ons nader en energie-insette wat styg. Abraham verduidelik meer aan Kosmos 94.1 Nuus.

Dieselfde geld Engelse komkommers, wat gewoonlik teen 15 Namibiese dollar elk verkoop, maar tans 30 dollar kos, volgens Abraham.