Rishi se Rwanda-wet goedgekeur

Die Britse Parlement het uiteindelik die omstrede Veiligheid van Rwanda-wetsontwerp bekragtig ná ʼn regstryd en politieke toutrekkery van twee jaar. Die wetsontwerp laat die regering toe om asielsoekers wat op onwettige wyse in Brittanje aankom, na Rwanda te deporteer sodat hul bewerings deur dié Oos-Afrika-nasie ondersoek kan word. Die Hooggeregshof het verlede jaar beslis die wetsontwerp is onwettig omdat Rwanda se asiel-stelsel ʼn swak menseregte-rekord het. Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, sê Rwanda is ʼn veilige land: