Pensioenarisse wat nie toelae ontvang nie moet weer aanmeld

Die Namibiese ministerie van geslagsgelykheid, armoede uitwissing en maatskaplike welsyn vra dat pensioenarisse wat sedert Julie vanjaar nie hulle maandelikse toelaag ontvang nie, moet na hul die kantore waar hulle oorspronklik aansoek gedoen het vir die toelaag gaan om hulself weer te registreer. Met die oordrag van begunstigdes na ‘n nuwe stelsel kon van die begunstigdes nie geverifieer word op die nasionale bevolkingsregister nie. Die waarnemende uitvoerende direkteur in die ministerie, Martha Mbombo sê ‘n lys met name is by regeringskantore in die al die streke op kennisgewingborde geplaas omdat so baie van die begunstigdes nog nie weer geregistreer het nie. Die proses sal tot 18 November duur en dan sal nie name permanent verwyder word.